Thula-thula (afr) (12 page)

Read Thula-thula (afr) Online

Authors: Annelie Botes

op en dra my na jou bed sodat ons kan slaap.”

Die prinsessie huil smartlik. Die slymerige padda moenie in haar bed slaap nie.

Die koning hou voet by stuk. “My kind, mens mag nooit iemand verag wat jou gehelp het toe jy in nood

was nie.”

Niemand het haar ooit gehelp nie. Sy het gehoop Braham sou.

Gegru sit sy die padda in ’n hoekie van haar kamer neer. Terwyl sy in haar bed lê, plons hy nader. “Ek

wil by jou slaap. Tel my op, anders gaan ek vir die koning sê.”

Die koning én die koningin weet lankal.

Daarop word sy woedend en smyt hom teen die muur. “Jou afstootlike padda!”

Toe die padda die muur tref, verander hy in ’n hoflike prins. Toe word hy haar man, volgens die

koning se bevel. Hulle raak aan die slaap. Daarna het hulle lank en gelukkig gelewe.

Terwyl sy die storie die derde maal deurspeel, word Abel ’n dronk-bewustelose gewig op haar. Toe kots

hy op haar kussing. Louwarm spatsels teen haar wang en in haar hare.

Die geur uit die gedierte gru Gertruida.

Sy rol hom van haar af. Sy slap lyf plof op die vloer. Sy knip die lig aan; sny die bloemistelint met

haar naelskêrtjie los. Sleep hom aan sy enkels tot in die gang. Sit die koolblare en rooi lint op sy gesig

neer.

Toe staan sy lank onder die stort.
Treurige tert. Gertruida gee te gretig. Deur die rugruiter te terg,

dra Gertruida die eer.

Reukweerder, poeier. Skoon pajamas. Kussing en komberse uit haar wit linnekas haal. Maak ’n bed in

haar wit bad. Grootmenswiegie.

Laat hom asseblief doodgaan, voordat s ´y hom vermoor.

Tien voor tien, toe die wysters van haar horlosie presies opmekaar staan, het sy in die bad wakker

geword toe die polisie aan die deur klop.

Uit die gereg daag die daeraad. Gertruida gered uit die digte rietruigte.

Sy het haar rug na hulle gedraai, sodat hulle nie die verlossing op haar gesig kon lees nie.

Sy sal eers met die kotsgoed werk voor sy stort.

Smyt die kussings en beddegoed eenkant. Daar is vlekke op die dubbelbedmatras. Bloedvlekke.

Urinevlekke. Paddaprinsvlekke. Hoekom sal sy óóit weer op die matras slaap? En terwyl sy na die matras

staar, verklaar iets in haar siel oorlog teen die laaste twee-en-twintig jaar.

Sy sleep die matras gangaf en gooi dit oor die stoepmuur. Dit traak haar nie toe Susarah se

roosmarynbos skeur nie. ’n Melkbosskoenlapper dobber uit die roosmarynbos. Susarah was lief vir

plante wat bye, voëls en skoenlappers lok. Mabel is reg: Sy wóú nie by haar ma leer nie. Mens kan nie

leer van iemand wat jy haat nie, want die haat staan tussen jou en ontvanklikheid.

“My ma het al weer vir my ’n boks tuisgebakte karringmelkbeskuit gestuur,” sê Braham een Vrydag in Die

Koffiekan. “Sy stuur gedurig iets. As ek sê dis onnodig, sê sy …”

Sy luister nie. In haar kop lê sy turksvyblaaie neer teen die helling agter die kliphuis.

Hoe meer turksvybome, hoe ontoegankliker die area. ’n Maand gelede is sy kliphuis toe om die kontant

wat sy vir ’n Bonsmarakoei gekry het in die koekblik weg te steek. Die dag as sy wil vlug, Avignon of

Saharawoestyn toe, of wieweet-waarheen, wil sy nie by Abel bedel nie. Net spoorloos verdwyn.

Sy het twee dae by die kliphuis gebly, uit woede vir Susarah.

“Jou pa sê hy hoor jy sit Vrydae saam met Meneer Fourie in Die Koffiekan. Gertruida, jy’s nog skaars

van die skoolbanke af …”

“Sy naam is Braham, Ma. En Ma moenie vergeet dat ek op die skoolbanke gesit het tot ek twintig was

nie. Ek is nou een-en-twintig en ek kan my eie besluite …”

“Dis onbetaamlik. Mens respekteer jou onderwysers. Ek wil nie ’n geskinder …”

“Toe Pa my pregnant maak, wou julle ook nie hê die mense moet skinder …”

“Tel jou woorde, Gertruida! Jy beskuldig jou pa valslik! As jý in die bondel wil hoereer, moenie dit

aan jou pa afsmeer nie!”

“Voor Ma my vir ’n hoer afmaak, hoekom kom kyk Ma nie wat snags in my kamer gebeur as die bed

langs Ma leeg is nie?”

“Jy’s siek in jou kop, Gertruida! Jy soek aandag, dis al! Die dag gaan kom dat ek en jou pa die prys sal

moet betaal vir jóú leuens!”

Woede wat in haar slape klop. “Ek háát Ma.” Draai om en loop uit.

Haar ma het agter haar aangeskree: “Dink jy miskien jy verdien my liefde, bleddie klein liegbek!”

Vlug kliphuis toe om te bedaar.

Terwyl sy teen die lou voormuurklip sit, hoor sy iemand sing. “Fighting soldiers from the sky; fearless

men who jump and die …” Dis Abel. Loop seker die grensdrade te voet na en speel hy is nog in sy recce-

jare. Glip op haar knieë binnetoe; hang die seil voor die opening. Loer. Hy hou verby die afdraaipad.

Sy moet meer turksvybome plant om haar wegkruipplek af te kordon.

“Gertruida, jy hoor niks wat ek sê nie. Ek sê ek wil in die Aprilvakansie vir my ma ’n suurlemoenboom

voor haar kamervenster plant, en ek wil jou saamneem huis toe. Sal jy saamgaan?”

“Nee. My ma sê dis onbetaamlik om hier saam met jou te sit. Volgens haar is ek alreeds ’n hoer. Dink

net wat sal sy my alles toevoeg as ek saam met jou …”

“’n Hoer? Jy?”

“Los dit, ek en my ma eet uit verskillende krippe. Eintlik, Braham, verafsku ek haar.”

Eers twee jaar later is sy vir Paasnaweek saam met hom huis toe. Op pad soontoe vertel hy van sy ma

wat aan veelvuldige sklerose ly en bedlêend is, sedert sy laerskooljare. Dit het haar bang gemaak; sy hou

nie van kamers en beddens nie.

“Sy het bedags ’n permanente oppasser, en snags kyk my pa na haar.”

Sy raak nóg banger. ’n Man om heelnag na haar om te sien? Wat van ’n vol blaas? ’n Bedlêende mens

is vasgekluister en kan nie kliphuis toe verdwyn nie.

Maar haar vrese was ongegrond. En dís waar sy die eerste keer ’n huis met min aardse weelde, maar

baie liefde beleef het. Sy kon nie glo hoe mooi Braham en sy pa met mekaar praat nie. Hoe hy die

Vrydagaand met volmaan sy bedlêende ma optel en in die rolstoel sit.

“Ek en Gertruida gaan vir Ma die volmaan wys.”

“Dankie, my kind, jy weet hoe lief is Ma vir die maan.”

Middae lees hy vir sy ma gedigte. Help haar met blokraaisels. Hulle eet kaasbrood en pampoensop. Sy

ma ruik na roospoeier en duifseep. Paassondag gaan hulle almal kerk toe. Met die sing van die

Paasgesang, “O Heer, uit bloed en wonde”, trek haar keel toe. Sy sién haar pa huil in die kerk, lank

gelede; vóél die skurwe lap van sy kerkpak teen haar wang. Die palmkruisie. Bobby socks.

In daardie vyf dae ervaar sy ’n huis wat nié disfunksioneel is nie. ’n Bedlêende ma wat anders is as

die bedlêende Susarah. En dis waar sy Braham waarlik begin vertrou het, omdat sy aangevoel het hy sou

haar leer vlieg.

Tot in Avignon.

En terug.

Die lug ruik na roosmaryn. Die skoenlapper verdwyn in die

kol grootblaardrakebome wat onder die sederboom groei.

Weg. Weg.

Hoekom kon sy nooit haar vlerke lig en wegvlieg van Kiepersolkloof nie? Na ’n ander skool.

Universiteit. Selfs werk en blyplek op die dorp sou uitkoms wees. Hoekom kon sy nie vlieg tot in Braham

se beskutting nie?

Omdat almal haar laat glo het sy het nie vlerke nie.

Totdat sy dit later self geglo het.

Enigste mens op die dorp wat haar laat verstaan het sy hét vlerke, was Mister Williston van die

dorpsbiblioteek. Dikwels het sy in haar kliphuis gesit en haar verbeel hy is haar pa. Salige ure van

droom.

In die tyd toe sy uit die skool was voor die geboorte, en almal op die dorp gedink het sy is Oos-

Londen toe vir ’n skoueroperasie, het Mister Williston getrek. Niemand kon haar sê waarheen nie. Tot

vandag knaag dit aan haar dat sy nie vir hom kon dankie sê vir die vlerke wat hy soms vir haar aangewerk

het nie.

Klein rukkies, klein vlerkies.

Beter as niks.

Die bebraakte beddegoed en kussings land op die matras in die tuin. Terug kamer toe. Draai die bedbasis

op sy kant en skuif dit oor die gladde plankvloer tot op die stoep. Lig die voetenent, wikkel dit tot op die

stoepmuur. Met ’n harde stoot val dit oor. Die hoek steek ’n krater in die Creeping Jennies. Stadig kantel

dit neer op Susarah se heilige York and Lancaster-roosboom. Susarah het gesê wanneer die pienk roos

met die skerpsoet geur blom, kom daar oorlog.

Nou is háár oorlog hier.

Water drink by die tenkkraan. Dis jammer van die koffie.

Terug binnetoe.

Uit met die wit rottangstoel. Dis lig en trek ver. Uit met die bokhaarvelletjie waarop hy getrap het. Lig

die gordynstokke uit die mikkies met die besem. Stokke, houtringe en drapeersels dawer op die vloer. Uit

daarmee; sy asem kleef daaraan. Baie nagte moes sy die gordyne ooptrek sodat hy in die maanlig na haar

kon kyk. Dan moet sy só staan; dan moet sy só sit; dan moet sy só buk.

Skiet die gordynstokke soos spiese verby die rottangstoel.

In die verte stoot OuPieta ’n kruiwa hooi melkkraal toe.

Sy ontsmet die bad en maak dit droog met ’n wit handdoek. Toe ruk sy haar klere uit die hangkas en

laaie en gooi dit op die vloer. Sorteer emosieloos. Wat sy wil hou, gooi sy in die bad, eenkant van alles.

Sorteer ’n bondel witgoed en sit dit in die wasmasjien. Van al haar onderklere hou sy net die

onoopgemaakte pak broekies en kantbra wat Tannie Lyla lank terug vir haar gebring het.

Nooit weer hoef sy in suspender belts, deurtrekkers en visnetkouse konsert te hou, terwyl Susarah by

leeskringbesprekings en kongresse rondlê nie.

Kongrestyd is kliphuistyd.

As sy weet Susarah gaan weg, klim sy snags deur die opskuifvenster en dra haar proviand betyds

kliphuis toe. Beddegoed, klere, toiletware. Blikkieskos, sout, teesakkies, meel, suiker. Vuurhoutjies, kerse

en blakers. Min op ’n slag, want sy moet die .22 ook saamdra. Elke keer ’n uur se donkerloop kliphuis

toe. Minder as ’n uur terug, want dan dra sy nie ’n vrag nie.

Sy moes haar tye en loopplekke slim kies. Abel is nie ’n aap nie.

Een Vrydagnag halfpad kliphuis toe, sy was so veertien, het sy die klip ’n ent agter haar hoor rol.

Vries. Bobbejane rol nie snags klippe nie. Dis Abel.

Omdat sy elke klip en miershoop ken, wyk sy met ’n hoek van neëntig grade van haar roete af. Druk die

koshuiswasgoedsak met proviand onder ’n lemoentjiedoring in. Lê plat, wag tot hy ver genoeg verby is.

Nog nooit is sy so vinnig en stil in die nag veldlangs huis toe nie. Ure later het hy haar wakker geskud.

Toe hy en Susarah die Sondag Nagmaal en gemeente-ete toe is, het sy die sak onder die

lemoentjiedoring gaan uithaal en dit in die kliphuis uitgepak. Daar gebly tot Susarah die Vrydag terug was

van die kongres af. Om een week se skool te mis, is niks. ’n Week in die berge is alles.

Agterna het Matrone gevra of die griep beter is. Of haar pa haar bederf het, en haar kos in die bed

gebring het terwyl haar ma kongres toe was.

Griep. Verdigsel van Abel.

Ja, my pa het elke aand vir my poeding en vla in die bed gebring.

Sy moet ’n paar keer loop om al die skoene, klere en hangers uit te dra.

Voor sy die spieëlkas takel, eet sy ’n roosterkoek en ’n lemoen. Spoel haar hande en gesig af. Rus by

die watertenk. Die beddings weerskante van die trap lyk soos ’n slagveld. Die rooi kantbra en deurtrekker

wat Abel saamgebring het toe hy teruggekom het van ’n vetveeveiling, hang in die donkerpruim

wandelende jood.

Abel het baie dinge van oraloor gebring. Vandat Kiepersolkloof internet het, word dit van oorsee

bestel. As Susarah weg is, moet sy saam met hom op die internet kyk na besmetlike goed.

Hoe draai mens soveel jare se leuens en bedrog reguit?

Mens kan nie. Jy leef net geblinddoek aan. Want op ’n gebreinspoelde manier glo jy dis reg. Al weet jy

dis verkeerd.

Die Vaselinepotjie het op haar bedtafel gestaan toe sy dáárdie oggend wakker word. Haar hand het onder

haar pajamabroek ingeglip tot waar die driewiel haar gestamp het. Toe sy by haar broek inkyk, is haar

pietermuis se boonste vleisie swartblou. Haar pa moet haar dokter toe neem, want haar ma sê dis ’n

private plekkie wat baie mooi opgepas moet word. Dalk kan die dokter ’n trekpleister opsit om die

swartblou uit te trek.

Haar pa was in die waenhuis besig met planke saag. Toe vat sy vir hom ’n pienk malvalekker-muis met

’n dropstertjie en vra of hulle vandag kan dokter toe gaan.

“As dit oormôre nog seer is, kan ons dokter toe gaan. Jy kan vanaand self smeer. Dan roep jy my as jy

klaar is, en ek sal Doringrosie vir jou vertel.”

“Dis te seer om self te smeer, Pappa moet smeer, toe?”

Sy vou die brooddoek toe, drink water. Kry die toiletpapier in die bakkie en hurk agter die waenhuis. Die

urinereuk is afstootlik.

Tot vandag onthou sy die reuk van saagsels in die waenhuis. Hoe kon sy op vier-en-’n-half weet van

die liggaam se biologiese reaksies; inhibisies? Dit was mos net salf smeer, en dit was lekker.

Abel was ’n man van vyf-en-dertig. Hy moes van beter geweet het.

Alles was nes die vorige aand. Toe haar oë wil toeval van

moeg, kniel haar pa tussen haar bene.

“Pappa wil vir jou ’n towergeheim wys, Truitjie.”

Sy was vaak en lam, maar ’n towergeheim is lekker.

“Pappa gaan jou wys hoe toor ek salf uit my maag.”

Sy het geskrik. Anthonie het partykeer sy handdoek in die kamer vergeet, dan hol hy kaal in die gang af.

Hy het ook so ’n ene gehad. Syne was ’n klein, wit slurpie. Nie ’n bobbejaanspinnekop met ’n groot,

bruinerige slurp nie.

“Kyk, Truitjie, kyk … hier kom die salf …”

Wraggies, haar pa is ’n towenaar! Die wit salf het oor haar bobene en pietermuis gespat. Uit sy maag,

deur sy slurp. Hy het vinnig asemgehaal, sy kop het vooroor gehang. Toe smeer hy die salf oor haar bene

Other books

Outcast by Alex Douglas
Playing With Fire by Gail Anderson-Dargatz
Hitched! by Jessica Hart
Hardwired by Walter Jon Williams
On by Adam Roberts
No Rules by McCormick, Jenna